Willem van Tyrus

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.


Willem ontdek, die kroonprins, Boudewyn IV, het vir die siekte 'lepra' gekry; vir die kopiïs van hierdie 12e eeuse handskrif het die storie so bisonder gelyk, hy besluit, hy maak 'n 'miniatuur' daarvan.

Willem[1] het in die 12 de eeu geleef; sy bloeityd is rondom 1170 n.C.; hy was in diens van die 6de kruisvaarderskoning Almalrik I en het sy seun, Boudewijn IV, die kroonprins opgevoed. Willem is gebore uit Franse- of Italiaanse ouers. Hy is gebore in Jerusalem en sy lewe strek van: 1130-1186. Willem kies ‘n loopbaan in die wetenskap. Hy vertrek Europa toe en studeer aan daardie tyd se universiteite, in Parys en Bologna. Nadat hy sy studies voltooi het, keer hy terug na sy vaderland: die kruisvaarderskoninkryk in Jerusalem. Binne die geledere van die kruisvaarderskring kom dit nie baie voor, dat mens ‘n wetenskaplike,van Willem se kaliber kry nie. Hy het ook baie vinnig ‘n hoë politieke pos beklee en word die vertrouling van koning Almalrik I, wat oor die koninkryk van Jerusalem regeer het van 1164-1174. Willem word aangestel as die aartsbiskop van die stad, Tyrus, en sy taak is om die seun van Amalrik I, die kroonprins, op te voed. Willem was ‘n getuie van die aftakeling deur die onderlinge gevegte tussen die verskeurde kruisvaarderskoningkryke. Saladin gee in 1187 die definitiewe doodsteek vir die kruisvadersleёr tydens die slag by Hattin in die Heuwels van Tiberias. Willem het dit nie meegemaak nie; hy is kort voor dit oorlede.

  1. William of Tyre. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne